Die 52-jarige aktrise pas getrou elke dag ’n jogaklas in. En Demi het Dinsdag gespog met dit wat gereelde oefensessies vir ’n lyf kan doen deur haar foutlose liggaam op ’n foto langs die swembad te vertoon. Die swartkop-skoonheid het daarin geslaag om die kalklig op die gesinsfoto te steel by haar dogters, Scout (23) en die 21-jarige Tallulah.
'Ek kry vrede wanneer ek nie my liggaam as my vyand beskou nie’
Demi het die aandag op haar skraal bene en haar plat maagspiere gevestig toe sy in ’n rooi deurtrekkerbikini met polkakolle poseer.

when you can't be with the papa.... #freeslw #POOLPARTY #mymomsbodtho

A photo posted by tallulah (@buuski) on

Scout het ook ’n tweestukbaaibroek gekies en dit lyk asof sy ’n paar van haar ma se houdings as model aangeleer het, terwyl Tallulah se keuse ’n kuiser wit eenstukbaaibroek met ’n asimmetriese halslyn was.

Demi het nooit ’n geheim gemaak daarvan dat sy daarvan hou om so gesond moontlik te bly nie.

Benewens gereelde jogasessies, hou sy by ’n streng vegetariese dieet, en sy sê dit help haar om haar skraal figuur te behou. Demi het egter in 2012 tydens ’n onderhoud met Harper’s Bazaar gesê hoewel sy trots is op haar liggaam, is daar nog ’n paar aspekte wat sy graag wil verander. “As ek baie vies is vir my liggaam, is dit gewoonlik omdat ek voel dat dit my verraai, of dit nou in die verlede was, toe ek met my gewig gesukkel het en gevoel het dat ek nie kon eet wat ek wou nie, of dat ek nie my liggaam so ver kon kry om te doen wat ek wou hê dit moet nie,” het sy gesê.

'Ek vind vrede wanneer ek nie my liggaam as my vyand beskou nie.'

“Ek vind vrede wanneer ek nie my liggaam as my vyand beskou nie, wanneer ek terugtree en waardering kry vir alles wat my liggaam al vir my gedoen het.

“Dit het my toegelaat om die lewe te skenk aan drie pragtige kinders, dit het my toegelaat om verskillende rolle as aktrise te verken en dit het my toegelaat om sterk te wees. ”

© Cover Media