11:01am 09/05/2013

Die 50-jarige aktrise, wie se naam al in die dieselfde asem genoem is as Harry Morton, Vito Schnabel en Martin Henderson s’n vandat haar huwelik met Ashton Kutcher in 2011 beëindig is, het aan Will Hanigan geheg geraak nadat hulle saam jogaklasse bygewoon het en hy is reeds versot op haar.

Die 30-jarige Australiese beroepspêrelduiker het aan die Amerikaanse tydskrif Star gesê: “Demi is ’n wonderlike vrou. Ons ken mekaar deur joga en het geheg aan mekaar geraak.”

Will, wat glo die Sikh-geloof aanhang, het ook die alternatiewe naam Simranjeet Singh aangeneem. Hy gaan glo al ’n maand lank met Demi uit en niks is vir die twee lekkerder as om voor hul jogaklasse saam ’n massering te kry en in die sauna te sit nie.

’n Bron het gesê: “Hulle kry masserings voor hulle ingaan. En ’n mens kan hoor hoe hulle wilde geluide daarbinne maak.”

“Will is duidelik ’n passievolle mens en dit lyk of Demi elke oomblik saam met hom geniet.”

Maar vriende van die Striptease-aktrise, wat verlede jaar in ’n rehabilitasiesentrum behandel is, bekommer hulle daaroor dat sy aan van haar nuwe minnaar se “ervarings” blootgestel word.

Tydens ’n wegbreek in Peru het hy glo met ajahauska geëksperimenteer, ’n hallusinogeniese middel wat in Amerika onwettig is en dodelik kan wees as dit saam met sekere voorskrifmedisyne gebruik word.

’n Vriend het gesê: “Daar is ’n mate van besorgdheid dat Demi dalk al Will se ervarings met hom sal wil deel. Will is duidelik ’n aardse ou en dit lyk of hy baie goeie kenmerke het.

“Maar Demi het baie hard gewerk om haar lewe en gesondheid reg te ruk. Dit sou baie jammer wees as iets al die goeie werk beduiwel wat sy gedoen het.”