Demi Moore gaan glo uit met haar ekskêrel se pa.

Demi, wat in November 2011 ná ses jaar van Ashton Kutcher geskei is, gaan glo uit met die Hard Rock Café-biljoenêr, Peter Morton (66). Dis net vyf maande nadat sy haar ses maande lange verhouding met sy seun Harry (31) beëindig het.

’n Bron het aan die Britse Grazia gesê die twee sien mekaar tot drie keer per week.

“Demi sê haar beheptheid met jong mans is danksy Peter dalk verby. Sy het nooit gedink hy is haar soort man nie, maar sy hou regtig van hom.”

Die Joneses-ster Demi en Harry het hul verhouding in Mei beëindig nadat hulle besluit het om net vriende te wees. Peter het glo hul verhouding goedgekeur.

Die bron het erken dis vreemd. “Maar Harry is gelukkig as hulle is.” Harry het voorheen met Lindsay Lohan uitgegaan.

Demi se kinders by haar eks Bruce Willis, Rumer (25), Scout (22) en Tallulah (19), is ook bly oor die verhouding.

Die bron het gesê die kinders is bly Demi gaan ’n slag met iemand van haar ouderdom uit. “Hulle het en Peter het mekaar onlangs op ’n partytjie in sy huis in Beverly Hills ontmoet en dink hy is sjarmant.’’

Demi, wie se egskeiding met die Two And A Half Men-akteur Ashton nog nie afgehandel is nie, het voor Peter met die pêrelduiker Will Hannigan uitgegaan.