Die 21-jarige

You make me beautiful (op haar sy)

demi-lovato-tattoo-you-make-me-beautiful

Op die brose ouderdom van 16 het Demi hierdie tatoe op haar regtersy gekry as ’n belangrike herinnering aan haarself dat sy werklik pragtig is.

Vere (op haar sy)

Dié vere beklemtoon haar You make me beautiful-tatoe en simboliseer vryheid en moed.

Stay strong (op haar gewrigte)

Stay strong + Lips

Dié tatoes simboliseer die struikelblokke wat sy oorkom het, en hierdie inspirerende woorde bedek ook die littekens wat sy gekry het toe sy haarself gesny het.

Lippe (op haar gewrig)

Demi en haar vriende Ivey Ensley, Hanna Beth Merjos en Lauren Pietra het in 2011 vir pret bypassende soentatoes op verskillende plekke aan hul lyf laat tatoeëer. Dit simboliseer hul hegte vriendskap.

’n Kruis (op haar hand)

cross on hand

Sy het in 2011 ’n kruisie op haar regterhand laat tatoeëer. Sy wil hê haar aanhangers moet hierdie simbool van haar Christelike geloof raaksien wanneer sy ’n mikrofoon vashou.

Let Go & Let God (bo-op haar voete)

Feet-tattoo

Let Go staan op Demi se regtervoet en Let God op die linkervoet. Dit herinner haar daaraan dat die Here haar liefhet en ondersteun.

Rock ’n Roll (op haar vinger)

Demi en haar vriendin Hanna Beth het in 2011 bypassende rock ’n roll-tatoes gekry. Sy hou baie van rock ’n roll-musiek.

Peace (op haar vinger)

Sy het hierdie tatoe gekry sowat ’n jaar nadat sy behandeling vir bulimie begin ontvang het en dit simboliseer genesing.

Faith (op haar arm)

Featured photo

Die tatoe vertel van haar probleme die afgelope jare en hoe sy dit oorkom het. Dit simboliseer nie net haar Christelike geloof nie, maar ook haar geloof in haarself.

’n Swerm voëls (op haar arm)

Die sangeres het in 2012 ’n swerm voëls laat aanbring op haar regtervoorarm rondom haar Faith-tatoe. Dis een van haar grootste tatoes.

Now I’m A Warrior (op haar skouer)

Warrior

Dis ’n reël uit haar liedjie Warrior. Demi sing in die liedjie hoe haar persoonlike stryd haar sterker gemaak het.

Die Romeinse syfer III (op haar linkergewrig)

Die tatoe is ter ere van haar biologiese pa, Patrick Lovato, wat in 2013 dood is aan kanker. Drie was haar pa se gelukkige nommer.

-         Janine Nel

Bronne: stealherstyle.net, fanpop.com, seventeen.com