“Ek het altyd gedink selfvertroue kom van wat ander mense van my dink, ouens en al die res,” sê Demi. “Maar nou besef ek selfvertroue kom van wat jy oor jouself voel en om myself te verseker dat ek kan doen en wees wat ek wil.”

Demi oor Twitter: “Ek is impulsief wat terugbaklei betref, maar ek het geleer om dit in te perk. Om te twiet sonder om te dink doen meer skade as goed. Wag daarom net ’n oomblik. Hou dagboek oor wat jy wil sê en as jy later nog dieselfde voel, kan jy dit twiet.”

Ekstra bronne: justjaredjr.com; seventeen.com