Demi Moore en Ashton Kutcher – wie se paadjies in November 2011 geskei het – het ’n ooreenkoms bereik om hul egskeiding te finaliseer ná ’n hofstryd van twee jaar en sal na verwagting binnekort egskeidingsdokumente beteken.

“Ashton en Demi het hul egskeidingsooreenkoms gefinaliseer. Hulle gaan binnekort die papierwerk afhandel wat hul huwelik amptelik sal beëindig.”

Ashton (35) en Demi (50) het baklei oor hul geldsake met die ster van Charlie's Angels: Full Throttle wat onderhoudgeld by haar eksman wou hê wat een van die besbetaalde TV-sterre geword het sedert hy in 2011 by Two and a Half Men aangesluit het.

Demi het ook gevoel sy is geregtig op ’n deel van Ashton se inkomste uit die beleggingsmaatskappy Grade-A wat glo R1 biljoen ($100 m) werd is. Die akteur en sy sakevennote Guy Oseary en die biljoenêr Ron Burkle het ’n reeks winsgewende beleggings in nuwe tegno-maatskappy gemaak en Ashton, wat 20 persent van die maatskappy besit, het R200 miljoen ($20 m) daaruit gemaak.

Daar is voorheen berig dat Demi die helfte van sy inkomste wou hê, maar Ashton het gesê sy nuutgevonde rykom was nie gemeenskaplik nie omdat hy die miljoene gemaak het nadat hy en sy vrou van ses jaar uitmekaar is. En nou lyk dit of die twee ’n ooreenkoms bereik het.

“Daar was lang onderhandelinge tussen albei se prokureurs oor die finansiële skikking – veral hoeveel hy haar geskuld het. Hulle het uiteindelik ’n ooreekoms bereik wat albei partye aanvaarbaar gevind het.”

Demi en Ashton het in 2003 begin uitgaan en is twee jaar later in 2005 getroud.