Die man was glo besig om die stroper skoon te maak toe sy been in die stroper beland het, het ER24-woordvoerder Russel Meiring Sondag in ’n verklaring gesê.

Hy is na ’n nabye kliniek geneem nadat sy kollegas hom losgekry het.

By die kliniek het paramedici gevorerde lewensondersteunende stappe gedoen voor die man inderhaas na ’n nabye hospitaal geneem is vir dringende behandeling.

Bron: News24