Dis weer sulke tyd: Kwêla het weer begin met hul soektog na die dorp van die jaar (DVDJ)!

As jy ’n goeie rede het om trots te wees op jou dorp, moet jy dit beslis deel. Voel jy dalk altyd tuis wanneer jy in jou dorp se strate afry? Dalk voel besoekers aan jou dorp dieselfde. Het jou dorp die beste bakkers of bobaas-slaghuise? Hoeveel skatte lê en wag op jou dorp om ontdek te word?

Lees ook: Kom vier Huisgenoot se 100ste bestaansjaar

Komaan, dorpenaars, dis tyd om skaamteloos met jou dorp en sy mense te spog!

Watter dorpe kan deelneem?

  1. Enige dorp in Suid-Afrika of Namibië kan benoem word. Die enigste vereiste is dat die dorp nie meer as 500 000 inwoners moet hê nie.
  2. Dorpe wat van 2013 tot nou ’n streekswenner was, mag nie ingeskryf word nie. Hierdie dorpe word dus uitgesluit:

    Streekwenners van 2013: Paarl, Steytlerville, Heidelberg, Upington, Outjo, Witrivier, Phalaborwa, Winterton, Fouriesburg.

    Streekwenners van 2015: Wellington, Jeffreysbaai, Douglas, Meyerton, Petrus Steyn, Middelburg, Newcastle, Thabazimbi, Swakopmund.

  3. Dorpe wat reeds as DVDJ bekroon is, word ook uitgesluit. Jammer, Graaff-Reinet, De Rust, Sabie, Fouriesburg en Middelburg – julle moet hierdie ronde uitsit.

Lees ook: Gateway to Space: Die uitstalling, kom na Suid-Afrika!

As jy jou dorp wil inskryf:

SMS die dorpsnaam na 33157. Elke SMS’e kos R1,50.

Inskrywings sluit op 16 Februarie 2016 om 12:00.

Jy kan soveel dorpe benoem soveel keer as wat jy wil, maar onthou: Net een dorpsnaam per SMS.

Daar sal uit nege streke gekies word:

  1. Gauteng en Noordwes saam
  2. Noord-Kaap
  3. Oos-Kaap
  4. Wes-Kaap
  5. Vrystaat
  6. Limpopo
  7. Mpumalanga
  8. KwaZulu-Natal
  9. Namibië

Uit elke streek sal die drie dorpe met die meeste benoemings deurdring na ’n halfeindronde (op 24 Februarie, en 2 en 9 Maart). Hier kry die publiek die geleentheid om vir hul gunstelingdorp te stem. Die dorp met die meeste stemme dring deur na die eindronde.

Kwêla sal ’n insetsel op elk van die nege dorpe verfilm. Wanneer al nege dorpe op Kwêla gewys is, sal die publiek van 11-17 Mei 2016 vir die wendorp kan stem.

Wat is op die spel vir die dorp van die jaar?

Die dorp met die meeste stemme word as Kwêla se DVDJ aangewys. Die dorp wen ’n ongelooflike R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET. Homebrew Films, vervaardigers van Kwêla, sal ’n advertensie van 30 sekondes oor die dorp maak, en dit sal gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai word. Daar sal ook ’n groot makietie in die wendorp gehou word – musiek, kos, pret en sommer baie van daai wendorpgees!

Besoek kykNET se webtuiste of Kwêla se Facebook-blad vir nog besonderhede.

Ander stories op huisgenoot.com:

Sterre skitter by Bolandse première van Vir Altyd

Sexy Bobby slaan asems weg met Engelse musiekvideo

Kyk net hierdie bekendes se verborge talente

Hoe nou? Kyk net watter lawwe verskonings gebruik mense om weg te bly van die werk af!

Nuttige veiligheidswenke om jou spruit te beskerm

Wat is die gevaarlikste dier ter wêreld???