Die aktrise en die ster van die fliek Deadpool se eersteling, James, is 16 maande gelede gebore en nou gaan hulle weer ouers word.

“Blake is in die wolke en Ryan ook,” vertel ’n bron aan People.com.

Woordvoerders vir die paartjie het nog nie die nuus bevestig nie, maar Blake is onlangs op die stel van haar eersdaagse fliek, The Shallows, met ’n bababoepie gewaar toe sy ’n duikpak dra om tonele oor te skiet.

Lees ook: Beyoncé se krulkop Blue Ivy se verjaardagpartytjie so reg uit ’n sprokie

Blake het haar magie agter ’n kamerjas, handdoek en branderplank probeer wegsteek, maar die foto’s wys duidelik sy verbloem ’n boepie.

Die aktrise van Sisterhood of the Traveling Pants-faam en haar 39-jarige man het al vertel hulle wil ’n groot gesin hê. “Ek voel my kind gaan die ousus wees en dit kan elke jaar verander. Ek sien uit daarna om te ervaar hoe een baba die ander beïnvloed en na my gesin in sy geheel; ek sien uit na elke hoofstuk.”

Intussen moet Ryan hom maar regmaak vir nog slapelose nagte nadat hy al vertel het van sy dogter se vermoë om heelnag wakker te bly. “Ons dink ons baba is allergies vir slaap,” het hy in Maart 2015 geskerts.

Maar hy sou dit vir niks ter wêreld verruil nie. Die Kanadese boorling, die jongste van vier seuns, het in Februarie vanjaar aan People gesê: “Om ’n dogtertjie te hê was vir my ’n droom wat bewaarheid is. Ek het dit nooit hardop aan myself of teenoor my vrou erken nie, maar ek wou bitter graag ’n dogtertjie hê.”

Dis nog onbekend of die paartjie ’n seuntjie of dogtertjie verwag.

© Cover Media

Ook op Huisgenoot.com:

Cruz Beckham volg al singend in ma Victoria se voetspore

Hiert jy! Daar ontluik nóg ’n Schumacher in ’n gedugte spoedvraat

Pragfoto’s: Die sprokiesverhaal van prins Rainier III en die beeldskone Grace Kelly se lewe saam

Kyk: Ratse sjimpansee ‘cha-cha’ op kragdrade ná sy ontsnapping