Lt.kol Sharlene Otto, een van die land se voorste DNS-deskundiges, het Maandag in die saak teen Henri van Breda getuig.

Voor die hof vir middagete verdaag het, is daar getuig dat Henri se DNS op kortbroeke en in talle bloedvlekke in die huis gevind.

Tydens ’n kort sessie ná middagete het Otto bekend gemaak altesaam 216 DNS-monsters is in die Van Breda’s se huis op die De Zalze-landgoed gevind.

Nie een van die monsters het op die DNS van ’n onbekende persoon gedui nie.

Die saak gaan Dinsdag voort.