Sy is verbonde aan die trauma-eenheid by die Mediclinic Stellenbosch. Dit is die 15de dag van Henri van Breda se verhoor. Dr. Johan Dempers, forensiese patoloog, sal vermoedelik ook vandag getuig.  

Henri van Breda en sy regsverteenwoordiger, Lorinda van Niekerk, kom aan by die Wes-Kaapse hooggeregshof.   Henri was nie baie geneë met die media-aandag in die hof nie.  

Verlede week

Dr. Lizette Albertse, ’n mediese praktisyn van Stellenbosch, het Woensdagmiddag getuig oor die wonde wat Henri tydens die De Zalze-bylmoorde opgedoen het.

Sy getuig dat sy ’n verandering aan haar verslag aangebring het omdat die wond nie ’n “krap” was nie, maar eerder ’n “sny” en beskryf die verskil tussen die twee as volg: ’n krap word deur iets stomp veroorsaak en ’n sny deur ’n skerp voorwerp.

Albertse beskryf Henri se kopwond as iets wat meer ooreenstem met ’n wond toegedien met ’n stomp voorwerp en dat dit nie ’n oop wond was nie.

Sy beskryf die besering aan sy rug eerder as weens wrywing, waar die boonste deel van die vel afgeskraap is, soos met “grass burn”.

 

Henri se wonde was meestal oppervlakkig en waarskynlik self toegedien, het dr. Marianne Tiemensma Donderdag in die Kaapse hooggeregshof getuig.

Tiemensma, ’n spesialis in kliniese forensiese patologie, het op aandrang van dr. Lizette Albertse, Stellenbosch se distriksgeneesheer, Henri se beserings ná die bylaanval op sy gesin op die De Zalze-gholflandgoed in Stellenbosch in Januarie 2015 nagegaan.

Sy sal na verwagting Dinsdag, 23 Mei, weer na die getuiebank teruggeroep word.

Henri staan tereg op die driedubbele moord van sy ma Teresa (55), pa Martin (54) en ouboet Rudi (22) na dié drie in die vroeë oggendure van 27 Januarie met ’n byl in hul spoghuis in die gholflandgoed De Zalze buite Stellenbosch afgemaai is. Die voormalige sjefstudent word ook aangekla van poging tot moord op sy suster, Marli (17), wat erge kopbeserings in die bylaanval opgedoen het, asook ’n bykomende klag van regsverydeling.

Volg dit regstreeks hier