Na verwagting sal die staat Woensdag nog ’n forensiese pataloog roep om in die Wes-Kaapse hooggeregshof te getuig in die saak teen Henri van Breda.

Henri word aangekla in verband met die moorde op sy ma, pa en broer. Teresa (55), Martin (54) en Rudi (22) is op 27 Januarie 2015 in hul huis wreed met ’n byl vermoor. Die jongste lid van die gesin, Marli, het erge kopwonde opgedoen nadat sy ook met ’n byl aangeval is. Hy word ook van regsverydeling aangekla.

Prof. Johan Dempers, die forensiese patoloog, het twee verslae saamgestel, maar die verdediging het luidens berigte beswaar daarteen gemaak. Adv. Pieter Botha (vir Henri) dui aan dat Dempers kan getuig, maar nie getuienis mag lewer oor gedeeltes van hoorsê wat Henri in sy verklaring op 27 Januarie 2015 aan die polisie gemaak het nie.

Regter Siraj Desai sal die argument aanhoor en ’n beslissing maak of die polisie Henri as ’n verdagte beskou het al dan nie.

Volg die verrigtinge regstreeks hier