Regter Desai het beslis die media mag wel die lykskouingsverslae publiseer. Henri se verklaring word as bewysstuk toegelaat. Hy vermaan die media egter om sensitief te werk te gaan met die hantering van die verslae.

Hy sal teen die einde van die verhoor sy redes vir die besluit bekendmaak.

Die staat se volgende getuie, Cornelius Engelbrecht van die Valke, sal vandag getuig. Hy het met die digitale forensiese ondersoek gehelp.