[caption id="attachment_172052" align="aligncenter" width="600"]André van Breda getuig vandag in die hof. Foto: Almari Wessels André van Breda getuig vandag in die hof. Foto: Almari Wessels[/caption] [caption id="attachment_172053" align="aligncenter" width="600"]André van Breda en Henri omhels mekaar in die hof. Foto: Almari Wessels André van Breda en Henri omhels mekaar in die hof. Foto: Almari Wessels[/caption] André, Martin se broer, sal vanoggend op die negende dag van die moordsaak as getuie geroep word.

Martin (54), Teresa (55) en Rudi (22) van Breda is op 27 Januarie 2015 in hul spoghuis op die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch vermoor. Henri staan tereg op die drie moorde sowel as ’n klag van poging tot moord op sy suster, Marli (17), en regsverydeling. Lede en vriende van die Van Breda-familie sit vandag die boonste bank van die hof se galery vol, het André aan Huisgenoot gesê. Ook vandag in die hof is Stefan van der Westhuizen, ’n vriend van Marli van Breda.
André du Toit, Teresa se broer, sit aan die regterkant van dié bank. z_familiegallery André van Breda is tans onder in die hof waar hy na verwagting geroep sal word om eerste te getuig, waarna twee huishulpe wat vir die Van Breda’s gewerk het, ook in die getuiebank sal staan.

Dinsdag het André van Breda se tweelingbroer, Bailey van Breda, by die hof opgedaag saam met sy vrou en dié André.