Twee het oorleef: Henri, destyds 20, en sy 16-jarige suster. Henri het geringe beserings opgedoen, sy suster was nie so gelukkig nie. Hul ouers, Martin van Breda (54), sy vrou, Teresa (55), en hul oudste seun, Rudi (22), is afgemaai. Henri kon daarin slaag om nooddienste te ontbied. Op navraag van die operateur het hy verduidelik wat die aard van hul beserings was. “My . . . familie en ek is aangeval . . . deur ’n man met ’n byl.”

eNCA het die volledige opname bekom en dit op YouTube gedeel.

’n 21-jarige verdagte verskyn Dinsdag, 14 Junie 2016, in die landdroshof in Stellenbosch op drie klagte van moord en een van poging tot moord.??

Lt.kol. André Traut het aan News24 gesê hulle ondersoek het gelei tot die in hegtenisname van die man tot waar “hy homself omstreeks 15:30 oorgegee het by die polisiestasie in Stellenbosch”.

Die nasionale vervolgingsgesag in die Wes-Kaap se woordvoerder Eric Ntbazalila wou nie kommentaar lewer op navrae oor hulle besluit om te vervolg nie.

“Ons kan slegs kommentaar lewer wanneer ’n verdagte in die hof verskyn,” het hy gesê.

Ander stories oor die bylmoorde

1 jaar ná De Zalze-moorde: so berig Huisgenoot oor 1 van SA se grootste misdaadraaisels

Bylmoorde: Gerug oor ondersoek ontken

Bylmoorde: Só vorder polisie-ondersoek