Van die oproepe is na sy destydse vriendin, Bianca van der Westhuizen, gemaak. Hy het haar om 04:24 gebel.

Sy het nie die oproepe beantwoord nie. Hy het ook vir haar ’n teksboodskap gestuur met die woorde: “Emergency, please pick up your phone.”

Om 04:27 het hy die internet geraadpleeg om sy posisie op daardie tyd vas te tel. Die posisie word op Allermanstraat 10 vasgestel. Dis betreklik ver van Göskestraat 12, waar die Van Breda’s gewoon het. Adv. Pieter Botha (vir Henri) wil weet hoekom Google Maps nie Göskestraat aangedui het nie.

Engelbrecht sê dit hang af waar Henri gestaan het.

Henri het ook 10777 gebel. Hy het 10177 om 07:12 gebel, maar dis die verkeerde nommer. Die oproepe was van sy selfoon gemaak. Daarna het hy die landlyn gebruik om 107 te bel.

’n Inkomende oproep het om 07:39 geregistreer, maar daar kon nie vasgestel word wie dit gemaak het nie.

Adv. Pieter Botha het vir ’n kort verdaging gevra om iets te kontroleer wat Engelbrecht gesê het. Dit is toegestaan en die staat is aangesê om hul volgende getuie te roep.

Ao. André Hitchcock, ’n misdaadtoneel-ondersoeker, het die hof deur die verskillende monsters geneem wat hy op die toneel ingesamel het en hoe elkeen gemerk is.

Hy het getuig die moordtoneel was netjies in teenstelling met huisrooftogte waar alles gewoonlik in ’n huis rondgestrooi word. Hy

Op regter Siraj Desai se vraag of Hitchcock sou geweet het of die byl se handvatsel skoongemaak is, het hy geantwoord die byl was nie baie gebruik nie.