Hy het ook nie kos in daardie tyd ontvang nie en sy familie is nie by hom toegelaat nie.

Dit het tydens die slotbetoë van die binneverhoor na vore gekom.

Die binneverhoor handel oor die toelaatbaarheid al dan nie van ’n verklaring wat die moordbeskuldigde aan die polisie gemaak het.

In kort kom dit daarop neer dat Henri se verdediging beweer hy is as ’n oortreder eerder as ’n slagoffer hanteer. Die staat voer aan Henri is as ’n slagoffer hanteer. Hy is ook ’n koeldrank en sigarette aangebied.

Henri was die enigste mens wat meer inligting kon verskaf oor die aanval op die gesin.

Regter Siraj Desai het aangedui geen getuienis bestaan wat sers. Clinton Malan se getuienis weerspreek dat Henri nie ’n verdagte was nie.

Adv. Pieter Botha (vir Henri) het egter vasgeskop en gesê Henri moes minstens oor sy regte ingelig word. Hy het ook aangevoer bloedmonsters vir dwelmtoetse word nie geneem wanneer iemand ’n slagoffer is nie.

Die saak gaan Donderdag voort.