“ ’n Forensiese laboratorium is vir die meeste van ons ’n bietjie van ’n misterie,” het adv. Matthys Combrink gesê. 

“Ons dink maklik dat dit lyk soos op ’n CSI-televisieprogram waar net baie mooi mense werk en jy binne oomblikke weet wat die uitslag van ’n toets is. Dit werk nie so nie, nè?” het hy dit aan lt.kol Sharlene Otto gestel.

Soos vorige kere het Henri die kenmerkende das met Vincent van Gogh se skildery Starry Night daarop gedra.

Sy is die forensiese hoof van die biologiedepartement van die polisie se forensiese laboratorium en werk al meer as 20 jaar daar.

Sy het verduidelik hoe hulle te werk gaan om forensiese monsters te verwerk, aan te teken en te berg.

Henri, in sy grysblou pak, het strak voor hom gekyk terwyl Sharlene getuig het. Hy het in ’n stadium met die ring aan sy vinger gespeel. Soos vorige kere het hy die kenmerkende das met Vincent van Gogh se skildery Starry Night daarop gedra.

Sharlene het gesê hulle was onder druk in dié bepaalde saak met die ontleding van die monsters en dat sowat 20 ontleders daaraan gewerk het.

“Ons het maklik DNS bekom aangesien daar baie bloed op die toneel was,” het sy gesê.

Dokumente oor die forensiese ontleding van die byl is ook tydens kruisondervraging deurgegaan.

Matthys het dit aan Sharlene gestel dat sy nie nagegaan het of ontleders hul werk reg gedoen het nie. Sy het gereageer deur te sê dat die ontleders op daardie vlak bevoeg genoeg is om hul werk reg te doen. 

Dokumente oor die forensiese ontleding van die byl is ook tydens kruisondervraging deurgegaan.

Henri staan tereg op drie aanklagte van moord – op sy ouers, Martin en Teresa van Breda, asook sy ouer broer, Rudi (22) – en poging tot moord op sy jonger suster, Marli, op die luukse landgoed De Zalze buite Stellenbosch.