So het Christiaan Koegelenberg Dinsdagmiddag in die hooggeregshof in Kaapstad getuig oor die oggend van 27 Januarie 2015 toe hy en sy kollega by die Van Breda-woning op die De Zalze-landgoed aankom. “Een van die pasiënte het buite gesit met ’n hondjie by hom,” het hy gesê.

Hy het bevestig dat dié pasiënt Henri was, maar dat hy intussen ouer geword het. De Zalze-bylmoorde: ‘Dit was allesbehalwe ’n stil aand op die landgoed’ Sy kollega het gaan ondersoek instel in die seuns se kamer en met ’n teken vir hom gewys dat Martin (54) en Rudi (22) van Breda oorlede is. Christiaan het toe gesien dat Marli nog leef.
Hulle het haar met ’n draagbaar tot by die ambulans gebring en na die Stellenbosch Mediclinic geneem, waar sy in ’n dokter se sorg gelaat is. “In my 39 jaar van werk was dit een van die ergste tonele wat ek al gesien het,” het Christiaan getuig. Christiaan het na afloop van sy getuienis gesê Marli sou gesterf het was dit nie vir hom en sy kollega nie.

Henri van Breda staan tereg op die moord van sy ouers, Martin en Teresa, asook sy ouer broer, Rudi. Hulle is met ’n byl aangeval en is vroeg die oggend in hul huis op De Zalze by Stellenbosch gevind.

Luister hier na Henri se noodoproep daardie noodlottige oggend.

Marli het die voorval met ernstige kopwonde oorleef.

Die saak gaan Woensdag voort.