Die Burger berig Diana Williams het onophoudelik gehuil en verduidelik dat sy besef sy mag nie so baie katte aanhou nie, maar dat sy net goeie bedoelings gehad het. Sy beweer haar kinders die katte by haar huis aangebring het.

Die DBV het verlede week aansoek gedoen om ’n lasbrief om die katte te verwyder, maar Diana se seun, Rion, het laat weet hulle sal vrywillig die DBV toelaat om die katte weg te neem.

Die katte is van kant gemaak.

Diana is in 2012 ook van ses honde en 26 katte ontneem nadat die polisie ’n klopjag op haar huis uitgevoer het.

Lees meer op Die Burger se webtuiste.