Days of our Lives skuif nou na die televisiekanaal e.tv. Dit sal vanaf Maandag 4 September om 17:30 op die kanaal te sien wees, asook die hoë-definisiekanaal eHD. 

We're loving this power couple! #TBT #DAYS

A post shared by Days of our Lives (@nbcdays) on

Die Amerikaanse sepie het in 1965 die eerste keer kassie getref op die televisienetwerk NBC. Dit is een van die televisieprogramme wat al die langste uitgesaai wrod. Die program draai om die wel en weë van die fiktiewe dorp Salem en sy drie hooffamilies: die Bradys, Hortons en DiMeras.

"Ons hou aan om wêreldklas vermaak by die e.tv program te voeg en deur ’n multi-bekroonde program soos Days of our Lives by te voeg, gee ons nie net ons huidige kykers ’n daaglikse dosis gehaltedrama nie, ons gee ook die jarelange aanhangers van die program ’n nuwe tuiste om hul dosis Days te kry," sê Marlon Davids, besturende direkteur van e.tv.

Die program het in November verlede jaar sy 51ste verjaardag gevier. Die reeks het ook oor die jare talle pryse ingeoes. Hieronder is 43 Emmy-pryse. 

Days of our Lives sal vanaf 4 September op e.tv en eHD op OpenView HD (kanaal 104) te sien wees en op DStv (kanaal 194). Kykers kan ook uitsien na ’n omnibus elke Sondag op eExtra - OpenView HD-kanaal 105.