Ons het David Fourie uitgevang: Die man is ’n yslike Celine Dion-aanhanger! Hy het haar glad in Las Vegas gaan kyk.

En toe hy eenkeer op pad was na sy hotel se swembad, het hy in haar man, René, vasgeloop.

David, jy moes net All by Myself begin sing het, dan het die twee jou dalk vir ete genooi.

Hy was ook in Düsseldorf, Madrid en New York, “ ’n stad wat jou heeltemal oorweldig,” sê hy. Ag David, jy kan skerm soos jy wil, ons weet Celine was jou eintlike hoogtepunt!

Volg Huisgenoot op Twitter.