Die sanger David Fourie het vanoggend in Düsseldorf geland vir die Eurovision-sangkompetisie.

David is genooi om deel te wees van dié Duitse sangfees danksy sy getroue ondersteuning van Eurovision.

Suid-Afrikaanse sangers gebruik gereeld materiaal wat deel was van hierdie kompetisie vir hulle eie Afrikaanse albums. David het self reeds verskeie Eurovision-liedjies op sy albums gebruik.

Die kompetisie self is net oop vir sangers uit Europese lande, maar David gaan in die volgende week by verskeie geleenthede optree. Hy gaan onder meer ook onderhoude doen met joernaliste daar en ondersteuners ontmoet.

Volg Huisgenoot op Twitter.