Die Afrikaanse sanger David Fourie se pa is Woensdag ernstig beseer toe ‘n sekuriteitswag hom na bewering buite ‘n tent by die Vryfees in Bloemfontein omgestamp het.

David se pa, Christo (68), is met ‘n ambulans na die Medi-Clinic in Bloemfontein gehaas en sterk steeds in die hospitaal aan.

Na bewering was David besig om gereed te maak vir ‘n vertoning toe hy ‘n paniekbevange oproep vanaf sy ma, Elise, ontvang het om hom van die voorval in kennis te stel.

“My pa se heup is op twee plekke gebreek. Hy is ‘n weerlose ou man en is baie siek,” het David bekommerd gesê.

Volg Huisgenoot op Twitter.