David en Victoria Beckham het vriende gemaak met Kanye West en Kim Kardashian.

Die redakteur van die Amerikaanse Vogue, Anna Wintour, het die glanspaartjies glo tydens die New York-modeweek aan mekaar voorgestel. Dit lyk asof hulle goed oor die weg kom.

’n Ingeligde het aan Sunday Mirror gesê: “Die twee paartjies lyk baie uiteenlopend, maar hulle kom regtig goed oor die weg. Anna het Victoria en Kanye aan mekaar voorgestel, aangesien albei bekende name in die modewêreld is.

“David en Kanye is albei mal oor Parys en het gesels oor die beste restaurante en kuierplekke.”

Die ster van Keeping Up with the Kardashians en Victoria het selfs al saam gaan stap.

Die bron het bygevoeg: “Victoria en Kim gesels oor fiksheid en het al ’n paar keer saam gaan stap.”

Kim het al gesê sy bewonder Victoria se metamorfose van ’n popster in ’n mode-ikoon. “Ek is mal oor Victoria en wat sy met haar klerereeks, handsakke en brille gedoen het,” het sy gesê.