Die afgetrede sokkerster het ook drie seuns, Brooklyn (14), Romeo (10) en Cruz (8), by sy vrou, Victoria. Hy wil nie hê iemand anders moet vir sy tweejarige dogter sê wat sy moet doen nie en sal dit oorweeg om te begin sokker afrig om self vir haar die sport te leer speel.

Hy het aan The Times gesê: “Ek moet erken ek het nog nooit in bestuur belanggestel nie. Oor vyf of 10 jaar verander ek dalk van plan en sê ek hou eintlik van bestuur, maar ek dink nie dit gaan ooit gebeur nie. Ek geniet ander goed meer.

“Ek sal graag my dogter afrig. Dis die enigste bestuur-ding wat ek sal aanvaar, want ek sal nie wil hê iemand anders moet vir haar sê wat om te doen nie!”

David meen ouerskap vereis dat jy streng is met kinders terwyl jy terselfdertyd liefde betoon, want hulle reageer op sy koesterende kant.

Hy het bygevoeg: “Dis belangrik om aan daardie strengheid blootgestel te word. Ek doen dit met my seuns. Jy moet sê: Nee, Pappa is al langer in die land en ek is is reg.

“Met kinders moet jy soms daardie streng kant toon. Maar jy moet ook daardie kant hê waar jy jou arm om hulle sit en hulle reageer daarop.”