David Beckham sê sy seuns gaan in ‘hartebrekers’ ontluik.

Die oudsokkerster dink Brooklyn (14), Romeo (11) en Cruz (8) gaan gewild wees by die teenoorgestelde geslag omdat hulle “aantreklik” en “goedgemanierd” is.

Hy het aan Ryan Seacrest gesê: “Ek dink hulle gaan baie gewild wees by die meisies. Die seuns is aantreklik, goedgemanierd en hou van pret. Ek dink hulle gaan hartebrekers wees.”

David (38), wat bekend is vir sy haarkapsels, sê hy sou nie omgegee het om Brooklyn se lokke te hê nie. “Hy’t nou vir jou ’n haarstyl! Ek wens nogal ek het sy hare gehad. Dis baie koel.”

David is spyt hy sal nie Valentynsdag saam met sy vrou, Victoria, kan deurbring nie. Hy sal dan in die Filippyne wees ter ondersteuning van die Verenigde Nasies se Kinderfonds, Unicef.