Die 17-jarige aspirantfotograaf en die 19-jarige ster van Kick-Ass het hul aan-en-af-romanse, wat twee jaar geduur het, aan die einde van verlede somer beëindig en Brooklyn het geweier om die skeiding in die openbaar te bespreek.

A photo posted by bb (@brooklynbeckham) on

Sy pa, David (41), die afgetrede bobaas-sokkerspeler, meen sy seun se besluit om stil te bly, was reg, en dit toon dat hy besig is om ’n baie innemende jongman te word.

"Betoon altyd respek (sê ons aan ons kinders) – en hy doen dit!” vertel die senior Beckham aan Extra aangaande die leiding wat hy Brooklyn gegee het.

David en sy vrou, Victoria, het vier kinders, en hoewel hy met graagte romantiese sake met sy oudste seun deel, kan hy eenvoudig nie die gedagte verdra om dieselfde te doen wanneer sy jongste, die vyfjarige dogtertjie, Harper, begin uitgaan nie.

"Op die oomblik dink ek nie eens daaraan nie,” het hy gelag. “Dit kom nie eens by my op nie . . . Harper wat uitgaan! My gedagte is: ’Watwou, dit gaan nooit gebeur nie!’”

Sy vrou, Victoria sal moontlik meer gewillig wees om na hartsake te luister wanneer Harper begin verlief raak.

Die voormalige sangeres van Spice Girls wat modeontwerper geword het, het in September vanjaar ’n brief aan die Britse tydskrif Vogue geskryf waarin sy beskryf hoe sy haar man in 1997 by ’n sokkerwedstryd ten bate van liefdadigheid ontmoet het.

"Ja, liefde met die eerste oogopslag bestaan wel,” het Victoria in die brief, getiteld What I Wish I'd Known, geskryf.

Sy en David is getroud in 1999, dieselfde jaar waarin hul seun Brooklyn gebore is.

© Cover Media