Die oudsokkerspeler en pa van Brooklyn (14), Romeo (11), Cruz (8) en Harper (2), sê hy hou daarvan om ná ’n dag se werk doelbewus te ontspan.

“Wanneer die kinders se skool uitkom, neem hulle aan allerhande aktiwiteite deel, soos sokker of rugby, maar wanneer hulle by die huis kom, speel ons dikwels een van hul gunstelingspeletjies soos Connect 4. Hulle is dol oor Lego. Ek ook. Ek dink Lego help my soms kalmeer. Die laaste groot ding wat ek gemaak het, was die Londense Tower. Dit was ongelooflik.”

David se vrou, Victoria, is ’n mode-ontwerper en raak werkdruk heeltemal anders baas. “Dit raak stresvol, maar ek is so geseën dat ek ’n werk het waarvoor ek lief is; daarom kan ek die stres in positiewe energie omskep. Ek was van kleins af lief vir ontwerp. Dis ongelooflik vervullend wanneer ’n mens ’n loopbaan kan volg waarin jy jou lewenslange passie uitleef.”

Hoewel sy al ’n reeks pryse vir haar modereekse gewen het, is die gewese sangeres die “trotsste” wanneer sy vroue op straat sien wat haar klere dra. “My trotsste oomblikke as ontwerper is wanneer ek sien vroue dra my klere; dit laat dit werklik voel.”