Die voormalige sokkerspeler en sy vrou, Victoria, die mode-ontwerpster, is Brooklyn (16), sowel as Romeo, Cruz en Harper, se ouers.

Brooklyn en sy nuwe meisie, Sonia Ben Amar, is die afgelope tyd ’n paar keer saam in die openbaar gesien. Hy het haar ontmoet terwyl hy vroeër vanjaar in die Maldives vakansie gehou het.

David het blykbaar vrede met die romanse, maar hy wil seker maak dat sy seun nie seerkry nie.

"David het aan Brooklyn verduidelik hoe verhoudings werk, veral op sy ouderdom,” het ’n ingeligte persoon aan die Britse tydskrif Heat vertel. “Hy het aan hom gesê dit is fantasties as hy verlief is op Sonia, want dit is ’n lekker gevoel om iemand aan jou sy te hê wat jou ook liefhet. Hy het hom egter gewaarsku dat hy nog jonk is en dat dit moontlik nie gaan hou nie. Hy het hom ook aangeraai om sy lewe te geniet en hom nie oor die toekoms te bekommer nie."

Volgens gerugte voel Victoria egter minder gemaklik oor die ontluikende romanse. Alhoewel sy haar oudste seun slegs geluk in die lewe toewens, wil sy seker maak enige moontlike belangstelling rakende die liefde oor sy persoonlikheid gaan en nie oor enigiets anders nie.

Soos enige ma, het Victoria Brooklyn se beste belange op die hart

"Soos enige ma, het Victoria Brooklyn se beste belange op die hart,” het die bron gesê. “Sy hou ’n ogie oor Sonia en het selfs al ’n bietjie navorsing gedoen oor haar en haar familie. Sonia is ’n opkomende aktrise en Victoria is bang dat mense mag probeer om na aan Brooklyn te kom oor wie hy is. Sy hou ’n geheime, waaksame ogie oor die tweetjies."

Die jong paartjie is skynbaar baie gelukkig bymekaar, en Sonia het glo onlangs tydens ’n daguitstappie liefderyk aan haar kêrel se gesig geraak.

© Cover Media