David Beckham het vir sy familie motors van R440 000 elk gekoop.

Die uitgetrede sokkerster het twee Audi Q3s gekoop om sy ma en skoonma vir hul volgehoue ondersteuning en kinderoppasdiens tydens sy hoëprofiellsportloopbaan te bedank.

’n Bron het aan The Sun gesê: “Dis pragtige voertuie waaroor Jackie en Sandra dol is. As jy in ag neem hoe belangrik hul gesin vir David en Vic is en hoe veeleisend hul loopbaan is, kan jy jou net indink hoeveel werk en toewyding hul ouers oor die jare ingesit het.

“Van kinders oppas en buitelandse reise op kort kennisgewing tot beraders wees vir Posh en Becks wanneer hulle met niemand anders kon praat nie – hul naaste familie het dit alles gedoen.”

“Daar sal waarskynlik nog geskenke kom namate David rustiger raak noudat sy sokkerloopgaan verby is. Hy het so baie mense wat hy wil bedank en natuurlik is daar meer as genoeg geld.”

David het drie seuns, Brooklyn (14), Romeo (10) en Cruz (8), en dogter Harper (21 maande) by sy vrou, Victoria. Hy is bekend vir sy liefde vir blink motors en het oor die jare al onder meer ’n Audi S8, Porsche 911, Lamborghini Gallardo en Bentley Arnage besit.

Die 38-jarige superster soek ’n nuwe uitdaging nadat hy onlangs uit sport getree het. Hy het sy laaste wedstryd vir Paris Saint-Germain dike afgelope maand gespeel.

Die Hollywood-akteur Tom Cruise, wat met die Britse kragpaar vriende gemaak het toe hulle in Los Angeles gebly het, het glo al die voordele van ’n rolprentloopbaan met David bespreek.

’n Bron het onlangs gesê: “David wou nog altyd ’n aksierolprentheld wees en Tom het hom lank gelede belowe hy kan dié droom waar laat word.

“David is nog lief vir sokker, maar voel dis nou ’n goeie tyd om die oorgang na rolprente te maak terwyl hy nog jonk genoeg is om toprolle los te slaan.”