Die Suid-Afrikaanse padwedrenkampioen Daryl Impey is aangekla van die gebruik van verbode middels, het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids) Woensdag gesê.

Die 30-jarige fietsryer is op 6 Februarie tydens die tydwedrenne van die Suid-Afrikaanse Fietsrykampioenskappe in Durban getoets.

Saids se hoof uitvoerende beampte, Khalid Galant, het gesê Darrel is van 23 Junie voorlopig geskors weens ’n positiewe toets vir die voorskrifdiuretikum Probenesied. Hy gaan die geleentheid kry om hom voor ’n onafhanklike tribunaal teen die aanklagte te verdedig.

“Die vertraging in die aankondiging is as gevolg van die behoefte aan ekstra bevestiging van die ontleding, wat alledaags is vir verbode middels van hierdie aard,” het Khalid in ’n verklaring gesê.

“Die tragiese heengaan in Maart vanjaar van ’n sleutelpersoneellid by die laboratorium vir die beheer van die gebruik van verbode middels [doping control laboratory] het ’n invloed gehad op die standaardtyd van die voorlegging van die finale resultaat van die monsters van die Suid-Afrikaanse Fietsrykampioenskappe.”

- Sapa