Dit is vandeesweek bekendgemaak dat Daryl op 6 Februarie positief getoets het vir die verbode stimulant Probenesied.

Maar hy het gister aan die radiostasie Talk Radio 702 gesê ’n tweede toets wat hy op 9 Februarie geneem het, was negatief.

Hy het aan die radiostasie beklemtoon dat hy nog nooit opkikkers gebruik het nie en dat hy ’n lang rekord van skoon toetse het.

- Talk Radio 702