Dié Johannesburgse radiostasie, Hot 91.9 FM het Donderdag in ’n verklaring aangekondig dat Darren die stasie “onmiddellik” verlaat.

Ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om Darren Scott te bedank vir sy bydrae tot die radiostasie

Luidens die verklaring bied Darren al sedert 2014, toe die stasie begin is, die ontbytprogram aan.

“Ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om Darren Scott te bedank vir sy bydrae tot die radiostasie.”

John Walland, Simon Hill en Andy Leve sal steeds met die program voortgaan.

Volgens die stasie se besturende direkteur, Lloyd Madurai, sal hulle op 3 September die nuwe omroeper aankondig.

Darren het op 3 Julie begin om die middagprogram Just Plain Drive op weekdae op OFM aan te bied. Hy het egter voortgegaan met die ontbytprogram in Johannesburg.

Darren kon nog nie vir kommentaar bereik word nie. Dit is ook nog nie duidelik of sy program by OFM deur die wending geraak word nie.