Die radio-omroeper en TV-aanbieder Darren Scott het erken dat hy dronk was toe hy 'n kollega die k-woord toegesnou het, maar sê dít is nie die rede hoekom hy bedank het nie, het Nuus24 berig.

Bespreek vir Skouspel!

Scott het as aanbieder van Jacaranda 94.2 bedank en het vir 'n onbepaalde tydperk verlof van SuperSport geneem, maar sê hy het nié permanent by die sportkanaal bedank nie.

Jenny Griesel, woordvoerder van Jacaranda 94.2, het Scott se bedanking by Jacaranda 94.2 bevestig, berig Sapa.

"Ek is nie gevra om te bedank nie. Die radiostasie het homself beskerm. Ek het om ander redes bedank. Ek haat myself omdat ek die k-woord gebruik het," het Scott Donderdagoggend in 'n onderhoud met John Robbie van Talk Radio 702 gesê.

Die bekgeveg langs die kroeg by Mabula Lodge buite Bela-Bela (Warmbad) het tydens Jacaranda 94.2 se jaarlikse spanbou gebeur, het Beeld berig.

Klik hier om meer te lees.

Volg Huisgenoot op Twitter.

-Nuus24