Darren Scott, aanbieder van Jacaranda 94.2 se Just Plain Breakfast-program, is in die pekel oor beweerde rassistiese uitlatings by die radiostasie se jaarlikse spanbou-byeenkoms, het Beeld berig.

Bespreek vir Skouspel!

Scott het glo Vrydag laataand in ’n kroeg by Mabula Lodge by Bela-Bela (Warmbad) rassistiese opmerkings teenoor ’n vroulike kollega gemaak. Hy het glo gevloek en geskree, het twee onafhanklike ooggetuies vertel.

Jacaranda 94.2 het sy jaarlikse spanbou daar gehou.

Me. Jenny Griesel, woordvoerder vir die radiostasie, het bevestig dat ’n saak van wangedrag teen Scott ondersoek word.

“Jacaranda 94.2 is daarvan bewus dat ’n klag teen Darren Scott aanhangig gemaak is,” het sy in ’n verklaring gesê.

Lees meer hier.

Volg Huisgenoot op Twitter.

-Beeld