Dié simbool is sinoniem met die sosiale netwerk Twitter. “Ek het ’n hutsteken aan my gesig laat tatoeëer om seker te maak mense sal altyd daaroor praat,” het die 26-jarige rapper aan sy volgelinge getwiet.

Sommige aanhangers het sedertdien met die Twitter-behepte rapper se nuwe tatoe gespot. Boonop het Vivian Schiller, Twitter se nuushoof, onlangs gesê hutstekens (#) en aapsterte (@) wanneer jy op ’n twiet reageer, kan dalk binnekort iets van die verlede wees. Die arme Dappy!

BRON: NME.COM