Die man het haar ingewag toe sy alleen by ’n openbare toilet in Seattle, Amerika, ingaan.

Intussen het Kelly se fiksheidstoestel elke beweging van haar in die geveg om haar lewe aangeteken.

My biggest running nightmare became reality- 4 miles into my long run Sunday afternoon, I stopped to use the restroom and was assaulted by a man hiding in a stall (that is my GPS in red lines). I fought for my life screaming("Not today, M**F**er!"), clawing his face, punching back, and desperately trying to escape his grip- never giving up. I was able to lock him in the bathroom until police arrived. Thankfully I just took a self-defense class offered at my work and utilized all of it. My face is stitched, my body is bruised, but my spirit is intact. #fightingchanceseattle #ballard #runnersafety #marathontraining #womensselfdefense #myballard #fightlikeagirl #fightback #dontbeavictim #nottodaymotherfucker #youcantbreakme #instarunners #garmin #garminvivosmarthr

A post shared by Kelly Herron (@run_kiwi_run) on

“Nie vandag nie, jou bliksem,” het sy heeltyd deur die worsteling op die boosdoener geskree.

Sy het op haar Instagram-bladsy geskryf sy was besig met die sesde kilometer van haar drafroete van 16 km toe sy besluit om die openbare toilet in die Golden Gardens-park in Seattle te gebruik.

Sy het met die inkomslag die man in een van die hokkies sien staan. Hy hardloop toe na haar en gooi haar op die vloer neer – en net daar besluit sy om terug te baklei.

Tot haar duisendste geluk het Kelly net ’n paar weke vantevore selfverdedigingsopleiding gekry en sy het al haar opleiding toegepas om haar aanvaller af te weer.

Sy het aan ABC se nuuskanaal gesê: “Al daardie klein dingetjies wat ek geleer het, het my lewe gered . . . hoe om met die vuis te slaan, alles het teruggekom na my toe. Dit het begin voel asof ek my bewussyn gaan verloor, maar toe kry ek nog ’n opwelling van adrenalien en ek gryp na die deur, en ek het weggekom.

Die man is intussen gearresteer.

attacker

Bron: ABC, Instagram