Dylan Graves, van Bradford in England, en sy vriend James Yeadon (11) het huis toe gestap toe die ouer seun sien dat ’n motor heuwelaf aangery kom.

Voor die motor James kon tref, het Dylan hom uit die pad gestamp en in die proses die volle impak van die botsing ervaar. Die impak het hom onder die kar vasgekeer met twee gebreekte bene in sy ruggraat, ’n gebreekte bekken en gekneusde long.

Lees ook: Heldhaftige bulterriër red SA vrou van kobra

“Die motor het hom getref en hom teen ’n heining en bos vasgekeer,” vertel Dylan se ma, Natasha. “Dis ’n aaklige gevoel. Ek het net opgekyk en gedink hy’s dood.”

Dylan het gelukkig oorleef, maar die botsing het hom in ’n “ongemaklike posisie onder die motor” gelaat.

Nooddienste is ontbied en hulle kon Dylan uitkry voor daar met hom hospitaal toe gejaag is. “Hy’s ’n lopende wonderwerk om hieruit te kon stap,” sê Natasha.

“Hy is ongelooflik en was baie dapper. Hy’t vinnig gedink. Hy’t hoog gespring en sy bene na die kar toe gestoot.”

Lees ook: Snuffelhond red bejaardes van geldelike nagmerrie

Die jong seun, wat die volgende dag ontslaan is, sal sowat 12 weke neem om ten volle te herstel.

“Dylan is ’n baie aktiewe seun wat boks en dans daarom is dit baie moeilik vir hom om nie op sy voete te wees nie. Ek hoop net hy kan ten volle herstel en dat daar geen langtermyn skade is nie.”

Bronne: dailymail.co.uk, dailystar.co.uk