Durban –

Die katjie wat, nou Lucky heet, het die beproewing verlede maand oorleef. Hy is onder die enjinkompartement van die bakkie gekry toe die bestuurder eindelik by ’n winkelsentrum in Empangeni parkeer.

Dat die katjie so klein is, was vermoedelik ook sy redding terwyl hy bo die teerpad gehang het.

Janine Quaite, woordvoerder van die Empangeni-dierebeskermingsvereniging (DBV), het gesê ’n ander inkopieganger het die paniekerige gemiaau van die vasgekeerde katjie gehoor.

“Die katjie is in ’n gaatjie in die plaat onder die oliebak van die bakkie gevind,” sê sy.

“Die bestuurder van die bakkie was onbewus daarvan dat hy daar onder vassit en het al die pad van Ngwelezane na die middedorp van Empangeni gery.”

Die DBV moes die beangste katjie eers verdoof voor hulle hom uit die enjinkompartement kon haal.

Toe hy vry was, is hy na die DBV geneem, waar hy gelukkig was om ’n pleegma te kry.

“Ons het ’n gemmerkat met vier kleintjies van haar eie gehad en sy het hom dadelik as deel van haar werpsel aanvaar.”

“Hy was gelukkig om met net ’n skroeimerkie aan sy snoet en twee piepklein snytjies agter sy voorpote aan sy bolyf daarvan af te kom,” sê Janine.

Bron: News24