Die golden retriever het die 62-jarige Audrey Stone oor die straat gelei toe hy ’n bus in hul rigting sien ry. Figo het instinktief sy lewe op die spel geplaas deur voor die bus in te spring en Audrey terselfdertyd uit die gevaar te stoot. “Ek weet nie of (die bestuurder) gedink het (Audrey) gaan vinniger beweeg nie, maar dit lyk of die hond die meeste van die slag namens haar probeer vat het,” sê Paul Schwartz, wat ’n vulstasie daar naby bestuur. Volgens die polisie het Audrey in die ongeluk haar regterelmboog en ’n enkel gebreek en ’n snywond aan die kop opgedoen. Figo is laas met verbande aan sy been gesien, maar hy herstel goed. “Hy rus gerieflik en herstel mooi van sy wonde. Daar sal nog bywerkings wees,” het ’n werknemer van die Middlebranch-dierekliniek gesê. Bronne: elitedaily.com, today.com