’n Besigheidsman van Morningside, Durban, het vreesloos ’n man getakel wat Woensdagoggend ’n vrou met 'n mes wou aanval.

’n Hawelose man gewapen met ’n mes het ’n vrou naby die Lilian Ngoyi-pad (Windermere-pad) gejaag. Greg Albert was in daardie stadium in sy winkel, Cycle Sphere, toe hy die vrou se gille hoor.

Greg het die man getakel en daarin geslaag om hom te ontwapen.

"Ek het hom in hegtenis geneem maar dit was beslis nie ’n heldedaad nie," het hy oor sy heldhaftige daad aan die Daily Metro gesê.

Volgens Greg het vier polisievoertuie ook blitsvinnig opgedaag en die man in hegtenis geneem.

Clare Carter Glancey het op Facebook vir Greg, sy winkelpersoneel en die polisie vir hul optrede geloof.

Bronne: Daily Metro, news24.com