Carin (12) en haar gesin, van Michigan, het pas hul huis binnegegaan na ‘n swemsessie in die swembad toe sy besluit om weer te gaan swem. Haar driejarige sussie, Jac’Lynn, het ongemerk uitgeglip en ook koers gekies swembad toe.

Daar het sy probeer om in ’n opblaasband wat in die swembad gedryf het, te klim. Ongelukkig het sy deur die middel van die band geglip en in die water beland.

“Carin het sonder om paniekerig of vreesbevange te raak haar swembril gegryp, in die water gespring en haar sussie uit die swembad getrek,” vertel Carin se ma, Tomarra Richardson.

Hoewel Tomarra vir Jac’Lynn kon help om water op te hoes, het hulle haar nog steeds na die noodeenheid as voorsorgmaatreël geneem.

Gelukkig was alles in die haak en sy is piekfyn sedert die voorval.

Carin se gesin sê dis ’n wonderwerk dat sy Jac’Lynn so vinnig uit die swembad kon trek omdat mense met Down-sindroom dikwels stadiger reaksietye het.

“Carin is ons heldin en Jac’Lynn is ons klein wonderwerkbaba.”

Bronne: elitedaily.com, abc12.com