Die vroue is glo ingelaat by die Johannesburgse korrektiewe sentrum, algemeen bekend as Sun City, as deel van ’n geleentheid om Jeugmaand te vier.

In een foto kan gesien word hoe twee vroue met die gevangenes in die tronk se binnehof dans terwyl bewaarders toekyk.

Volgens Eyewitness News staar minstens 13 tronkbeamptes nou skorsing in die gesig.

James Smalberger, die waarnemende nasionale kommissaris, het Maandag by ’n media-inligtingsessie gesê dat so ’n geleentheid nooit in ’n korrektiewe omgewing behoort plaas te vind nie.

“Hierdie deel van die vermaak, wat vermaak genoem word, is nie goedgekeur nie en is nie geskik as vermaak vir oortreders wat vonnisse uitdien nie,” het hy gesê.

Hy het om verskoning gevra aan Suid-Afrikaners en bygevoeg dat ’n volledige ondersoek onderweg is.

“Ons sal seker maak dat diegene wat skuldig bevind word die gevolge van hul aksies dra.”

#PrisonStrippers was Maandag landwyd ’n gewilde hutsteken en Suid-Afrika het hul woede op Twitter uitgespreek – en sommige het draak gesteek met die voorval.

Volgens Sowetan Live was Busi Mahlangu van Sexy Lingerie and Boys een van die meisies in die eksplisiete foto’s en het sy gesê hulle was daar op uitnodiging en is nie betaal nie.

“Ons is beroeps-straatdansers en is daarheen genooi,” het Mahlangu gesê.

“Ons was ’n groep van drie meisies en drie ouens en die foto’s wat versprei word, is net van my en nog ’n vroulike danser. Ons was nie eens bewus daarvan dat iemand foto’s van ons neem nie en is geskok dat ons nou ontkleedansers genoem word.”

Twitter se reaksie