Dit volg op ’n video van ’n Italiaanse non wie se sielvolle stem haar in ’n sangkompetisie koning laat kraai het; sy het ook ’n platekontrak losgeslaan.

Ds. David Rider (29), van Hyde Park, New York en ds. John Gibson (28), van Milwaukee, Wisconsin, het bekend geword toe hulle in April afgeneem is by ’n fondsinsameling by die Noord-Amerikaanse Kollege, ’n vooraanstaande Amerikaanse kweekskool in Italië.

The Rev. David Rider, 29, of Hyde Park, New York, and the Rev. John Gibson, 28, of Milwaukee, first shot to Internet fame when they were filmed in April during a fundraiser at the North American College, the elite American seminary up the hill from the Vatican.

David het die skare in vervoering gehad met ’n opgewekte klopdans-roetine voor John se vlugvoetige Ierse dans hom uitoorlê. Kort voor lank was hulle in ’n tweestryd gewikkel om die skare te probeer beïndruk.

Die joernalis Joan Lewis het dit opgeneem en later op YouTube geplaas.

Bronne: YouTube, Sky News, Huffington Post