ermeloman

“Dankie, ons Almagtige Vader, vir die krag en veilige hand oor Fanie,” het Marinda geskryf.

“My man is weer terug in sy huis waar hy hoort.”

Sy vra dat die familie se privaatheid met betrekking tot die omstandighede rakende Fanie se verdwyning, gerespekteer word.

Marilyn Meyer Retief, ’n familielid, het op Facebook Marinda se dank beaam aan almal wat help soek het na Fanie.

“Daar is te veel om elkeen uit te sonder. Dankie aan almal,” skryf Marilyn.

“Fanie is verward en getraumatiseer. Ons as familie het ook honderde vrae, maar ons sal antwoorde kry soos sy geestestoestand dit toelaat.

“Wat van belang is, is dat hy leef en Onse Vader hom vir ons gespaar het.”

Volgens die Pink Ladies, ’n organisasie vir vermiste mense, is Fanie Dinsdagoggend die laaste keer gesien toe hy op pad was van Ermelo na eMalahleni (Witbank).

Hy het ’n silwer Toyota Hilux gery. Sy familie het hom sedert Dinsdagoggend om halfelf op sy selfoon in die hande probeer kry, maar die selfoon was af.