“Ek wil graag begin voor ek my 30’s bereik. Ek hou van die idee om ’n jong ouer te wees sodat ek die energie kan hê om sokker te speel, al sal hulle teen die ouderdom van vier al beter as ek speel,” het hy aan Time Out London gesê.

“Ek gaan beslis een van daardie ouers wees wat hul kinders druk om aan dinge deel te neem, maar definitief nie in die rolprentbedryf nie. Ek het rondom baie mense grootgeword wat kinders gekry het en ek het die wonderlike veranderinge in hulle gesien. Ek het gesien dit gee jou lewe ’n doel wat ek tans net uit my werk kon kry. Ek soek dit.”

Daniel is nog nie reg vir trou nie, maar dié kortgeboude akteur het geskerts hy sal ’n lang vrou moet kry as hy wil hê sy kinders moet sportief wees. “Jy kan met my lengte ’n bokser wees, maar dan moet jy ’n super-veergewig of iets wees,” het hy bygevoeg.