DIE eerste aand in sy  universiteitskoshuis het Daniël du Plessis sy mede-inwoners gewaarsku: “As julle my bene gaan wegsteek terwyl ek slaap, gaan ek met die verkeerde voet uit die bed opstaan!’’

Hy het darem net geskerts, want sy medestudente is baie ondersteunend, vertel  die eerstejaarstudent wat selfs besluit het om albei sy voete te laat amputeer. Hy kom nou met kunsbene oor die weg.

Daniël (20) is soos die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius met net een ‘n been in sy onderbeen pleks van twee gebore – hy het ‘n tibia, maar geen  fibula nie. Aan elke voet was daar net drie tone. Die voormalige onderhoofseun van Paarl Gimnasium het as tiener kwaai pyn verduur, omdat sy verswakte onderlyf nie meer die gewig van sy bolyf kon dra nie. Daarom hy  al in sy graad 11-jaar  besluit het om sy albei sy voete te laat amputeer (Nou is ek soos Oscar, Huisgenoot 18 Julie 2013).