Daniel Craig het glo ’n aanbod van £68 miljoen (sowat R1,5 biljoen) van die hand gewys om sy rol as James Bond te hervat.

[caption id="attachment_126190" align="alignnone" width="600"]Daniel Craig (Foto: Cover media) Daniel Craig (Foto: Cover media)[/caption]

Die 48-jarige akteur het in Casino Royale van 2006, Quantum of Solace van 2008, Skyfall van 2012 en Spectre van 2015 die spioen gespeel.

Maar te midde van bespiegelings oor of hy sal terugkeer om 007 te speel, word nou beweer die akteur het besluit hy is “klaar” met die franchise.

Lees ook: Hoe goed ken jy die James Bond-flieks?

“Hy is doodgewoon klaar, het hy ná Spectre vir die base van MGM gesê. Hulle het hom groot hoeveelhede geld aangebied, maar dit was net nie wat hy wou hê nie,” het ’n bron in Los Angeles aan die Britse koerant Daily Mail gesê.

“Daniel het ná verfilming vir mense gesê dit sal sy laaste keer wees, maar die rolprentmaatskappy het steeds gevoel hy sal ná Spectre inwillig as hy ’n geldooreenkoms aangebied word.”

Die ooreenkoms vir nog twee rolprente het glo ’n allemintige R1,5 biljoen behels wat ’n winsaandeel, onderskrywings en ’n rol as medevervaardiger insluit.

Maar nadat hy ’n kniebesering opgedoen het terwyl hy ’n geveg in Spectre geskiet het, het Daniel glo besluit om die rol vaarwel toe te roep.

“Met knieprobleme en algemene uitputting het hy gevoel dit was ’n reis met ’n einde,” het die bron gesê.

Die ateljeebase het glo later met Daniel saamgestem nadat hulle “moeg geraak het” vir sy kritiek op die franchise.

Die akteur het verlede jaar ’n herrie veroorsaak toe hy gesê het hy sou eerder “my polse sny” as om in te stem om in nog ’n rolprent die superspioen te speel.

Hy het later gesê hy is gekontrakteer vir ’n vyfde rolprent en het “vir die geld” ingestem om dit te doen.

Ons sal maar moet wag en kyk wie die rol van 007 sal kry ná Daniel se beweerde uittrede. Tom Hiddleston is nou die gunsteling om as plaasvervanger aangewys te word en beroepswedders in Brittanje aanvaar nie meer weddenskappe dat die 35-jarige die rol sal kry nie.

Van die ander name wat genoem word, is dié van Idris Elba, Damian Lewis en Tom Hardy.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com

Tienermeisie sterf in hangmat-fratsongeluk

Blake Lively in sosialemediastorm ná omstrede Instagram-inskrywing

Leanne Manas lewer roerende huldeblyk aan Vuyo Mbuli drie jaar ná skokdood

Ons spesiale Huisgenoot-legkaart bied ’n lekker uitdaging!

Kyk: Barmhartige Samaritane trotseer vlamme om man van gewisse dood te red