Ek wens ek kon koel en beredeneerd oor Eugène Terre’Blanche wees – veral noudat hy nie meer daar is nie. Dit sou dinge al soveel makliker gemaak het.

Ek wens Terre’Blanche was vir my ook, soos vir hoeveel ander mense, sommer net E.T., die AWB-leier op die perd, wat ’n paar aantekeninge agterop ’n pakkie Lexington kon maak en dan ’n uur of twee lank ’n toespraak kon afsteek.

E.T., wat mense so kon opsweep dat vier van hulle sommer op ’n dag in 1994 in ’n ou, blou Mercedes geklim en met ’n paar gewere en ’n braairooster in die kattebak na Bophuthatswana opgetrek het en toe daar doodgeskiet is.

E.T., die man wat in die tronk was nadat ’n man ernstig aangerand is.

Maar vir my was hy nie net E.T. nie, vir my was hy ook “oom Gene”.

’n Paar jaar gelede sou ek dit nie so maklik in die openbaar erken het nie, maar ek het besluit om op te hou jok oor my verlede.

My pa woon al byna 20 jaar op Ventersdorp en ek het Terre’Blanche geken. Hy was ’n vriend van my pa-hulle. Hy het die bedankings op my oorle’ ma se begrafnis gedoen en hy het ons honde op die naam geken.

Lees Dana Snyman se roerende huldeblyk aan Eugène Terre’Blanche in die Huisgenoot van 15 April. Dana gee ‘n persoonlike, en insiggewende blik op die vermoorde AWB-leier se lewe op Ventersdorp. Hy vertel onder meer oor sy interaksies met hom, en hoe hulle saam tot laat aand oor ‘n vleisbraai, oor poësie, en nie politiek nie, gefilosofeer het.

Bespreek vir Skouspel!